Die teerpad na erens anders.. 🌿🛣

Hulle sê as jy die wêreld wil verander moet jy net jou pen optel.

Hier sit ek in my kamer en laat die woorde van my gedagtes afrol. Nuut en onseker stap ek die wêreld binne met net my woorde en emosies, wat ek gaan neerlê soos ‘n teerpad om die reis gemakliker te maak. Snaaks genoeg was ek nog altyd die een wat eerste na ink gegryp het om my woorde te skilder. Die wêreld het verander en ek het besef die enigste manier om aan te beweeg en nie vas te val tussen die gras paaie is om die wêreld van ‘n blogger binne te stap.

Ek het myself gereed gemaak vir ‘n lang reis wat ek gaan aanpak. Een met baie ambisie en selfvertroue, want ek is nog altyd gemakliker met woorde as aksies. Party mense sal die ou tyds noem. Ek steur my nie veel aan dit nie. Fokus op dinge wat belangriker is !

So asseblief maak seker dat jy genoeg klere gepak het. Die regte hoeveelheid padkos voorberei het, want party dae kan mens nie anders as om jou te vergryp aan iets om te peusel. Maak die sitplek gordel vas. Die gaan een wees om te onthou. Die pad is geteer, maar daar gaan beslis ‘n paar slaggate te vore kom.

Laat die reis begin, 15 April 2020
Create your website at WordPress.com
Get started